Nuusbrief
Elzeth het almal wat die laaste sesmaande gehelp het met die groot groepe wat in die gastehuis gehuisves is en van kos voorsien is, vir ‘n afsluitingsfunksie Spur toe geneem. Sulize was ook daar, want sy pas die huis op terwyl haar Ma so besig is om die mense te bedien.
Vandat ons Sulize in die motor laat sit en wag het en toe haar geskok het deur haar by Dokter en Fisioterapeut te laat uitklim, het sy besluit dis veiliger om die huis op te pas. Dis harde werk, want sy moet kyk dat tannie Emma haar werk doen en die ander dames in die gastehuis nie lyf wegsteek nie. Sy doen dit alles vanuit die sitkamer. Verder bestudeer sy die advertensie blaaie wat in die koerant kom. Dan plaas sy haar bestellings by haar Ma wat haar gruwelik bederf. So het sy ‘n lemmetjiegroen pak koekies bestel wat sy vir Kersfees gebêre het. Nou sal dit Nuwejaar geëet word.
Ons het almal soortvan vakansie tot 8 Januarie, behalwe Tasja. Dit beteken ons kan laat slaap as die gaste jou nie 5:45 opklop vir ‘n sleutel nie. Ons wou ‘n opslaan swembad koop om die hitte te oorleef, want die Kenilworth swembad het vir die huurders in die buurt gesluit. Groot was Sulize se teleurstelling om uit te vind dat almal uitverkoop is. Die gouste klink dit vir ons wat hier weer sal wees is einde Januarie. Sy het omtrent sit en stoom afblaas. Wil Kaaptoe gaan om by die lekker swembad wat sy daar ken te gaan swem! Nou sal ons onsself maar onder die stort moet troos.
Sal later oor die werk berig gee. ‘n Mens kan nie sulke onverantwoordelike goed op jou vakansie doen nie.
Die Here se vrede, Shalom (eirene) vir elkeen van julle in 2007. [Iewers op die blog het ek iets oor die Here se vrede (in Engels) geskryf]